BRUIDZILLA | MARION ERSKINE.
Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy't nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie ... Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering?